Die Apostoliese Geloofsbelydenis
(The Apostles' Creed - Afrikaans)

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde.

Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam, vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar word nie een gemis nie. Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Jesaja 40:26, 28.


En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here; wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;

En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en 'n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word. Die Evangelie volgens Lukas 1:30-35.


wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en neergedaal het na die hel; wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dood;

En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning! Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie. Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei. Die Evangelie volgens Johannes 19:14-16.

Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring--Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis. 1 Petrus 3:18, 19.

Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte. 1 Korinthërs 15:3, 4.


opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader,

Wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. Efesiërs 1:20, 21.


waarvandaan Hy sal kom om die lewendes en die dooies te oordeel.

Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk. 2 Thimotheus 4:1.


Ek glo in die Heilige Gees.

En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Die Evangelie volgens. Johannes 14:16, 17.


Ek glo aan 'n heilige, algemene, Christelike kerk,

En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Die Evangelie volgens Mattheus 16:18.

die gemeenskap van die heiliges;

Wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. 1 Johannes 1:3.


die vergewing van sondes;

Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word, en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. Die Handelinge van die Apostels 13:38, 39.


die opstanding van die liggaam

Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp. Filipense 3:20, 21.


en 'n ewige lewe.

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Die Evangelie volgens. Johannes 3:16.

Amen!

 

 
GotQuestions.org

sharing-your-faith

All About God
 

Scripture taken from the
New King James Version.
Copyright ©
1979, 1980, 1982
by Thomas Nelson, Inc.
Used by Permission.
All rights reserved.

Navigation Tips

Since visitors use different browsers and monitors, and have different preferences in how they navigate through a website, we've provided multiple ways to progress through the studies on KnowingJesusChrist.com.

1) For those who find drop-down, slide-out menus convenient, just hover over the category (menu link on the top bar) and sub-category (menu link in the drop down list).  If there is an arrow to the right of the item, the articles in that category will slide out.  (If there is no arrow, just click on the item.)  Click on any article to read it.  If you have a "wheel mouse," you should be able to roll it toward you to see more of the drop-down menu.

2) If you are unable to see all the drop-down or slide-out items (or just prefer a different way of navigating), click on the category (menu link on the top bar), then on any sub-category in the list that appears.  You will see a list of articles to choose from OR use our Site Map.

3) Most studies are part of a series (category or sub-category).  Each article within the category has a link to the next article so you can progress easily to the next study.

4) At the top of the page, you will also notice "Breadcrumbs" that show which category and sub-category you are in.  You may click on those links to return to the "parent" category or sub-category list.

5) ANSWERS to Review Questions and Quizzes are found in links at the end of the Review Questions or Quiz.  They may also be accessed by clicking on the category (which will show a list of all articles in the category).  The link at the end of the article will cause a pop up window to appear so you may easily refer to other pages on the site; the link in the Category list will open a normal page.

If you're looking for a particular topic, word, or phrase, try the Search feature in the right column.

Close this box by clicking on the top (dark brown) part again.